Skip to main content

Huis Piek

TELEFOON NOMMER:

(+27)12 460 6231/2

E-POS ADRES:

admin@huispiek.co.za

FISIESE ADRES:

Middelstraat 153, Nieuw Muckleneuk, 0181

OOR ONS

Huis Piek is ʼn nie-winsgewende Christelike organisasie wat ʼn huislike tuiste vir self-versorgende  persone 55jr en ouer bied.

Die tehuis is geleë in ‘n boomryke woonbuurt in die hartjie van Pretoria naby die Groenkloof Life hospitaal en die Brooklyn Inkopiesentrum.

Ons bekwame personeel, bekostigbare verblyfsopsies en omvattende ondersteuningsdienste bied waardevolle toevoegings tot senior burgers se goue jare.

Verskeie prettige en aanvullende funksies en aktiwiteite sorg dat ons inwoners deurentyd sosiaal verkeer en gestimuleer word, terwyl hul daagliks smaaklike en gesonde maaltye kan geniet.

‘n Opgeleide huismoeder sien ook daagliks om na die inwoners se emosionele- en geestelike welstand.

ONDERSTEUNINGSDIENS word gebied aan inwoners, met ’n versorger en ekstra hulp mbt etes, beweeglikheid en persoonlike versorging. ’n Ektra heffing, boonop die akkommodasiefooi, is hier ter sprake.

Huis HJ Piek funksioneer as ʼn selfstandige Diensorganisasie van die SKDB Maatskappy (SKDBM), MSW Reg. Nr. 1941/014458/08; NPO 072-735. Beide Huis HJ Piek en die SKDBM is onafhanklike regspersone wat eie regsaanspreeklikheid dra.